Turbine Art Fair in Skrop

Turbine Art Fair in Skrop

Gladys Mgudlandlu en Maggie Laubser se werk kom op vanjaar se Turbine Art Fair onder die vergrootglas in Parallel Lives.
TAF-kunsmark vier die lente aanlyn
deur Johan Myburg
? Raps later as ander jare neem die RMB Turbine Art Fair (TAF) soos soveel ander openbare geleenthede vanjaar ? digitale vorm aan. In plaas van middel-Julie vind dié Johannesburgse kunsmark van 27 Augustus tot 2 Septemberplaas.

Die voordeel is dat TAF vanjaar makliker bereikbaar is vir besoekers van buite Johannesburg met uitstallers wat virtuele vertoonlokale het waarin hul kuns uitgestal word. Interaktiewe kontak en agtergrondinhoud is terselfdertyd beskikbaar.

Die volledige program met datums, tye en aanduidings hoe om aanlyn deel te neem is op TAF se webwerf (www.turbineartfair.co.za), saam met registrasiebesonderhede vir besoekers wat hul TAF-ervaring vooraf wil bespreek.

“Ons het ? uiteenlopende program geskep wat besoekers boeiend én vermaaklik sal vind,” sê Glynis Hyslop, stigter en stukrag agter dié kunsmark. “Die program en toegang tot TAF is vanjaar boonop gratis.”

Van die talle hoogtepunte op die program is onder meer Parallel Lives, ? uitstalling byeengebring deur Wilhelm van Rensburg, waarin die werk van twee Suid-Afrikaanse kunstenaars – Maggie Laubser (1886-1973) en Gladys Mgudlandlu (1917-1979) – naas mekaar gestel word. Van Rensburg bespreek ook in ? gespreksgeleentheid die visioenêre aard van dié twee vroue se werk en die lewe wat hulle “parallel” gelei het. Let daarop dat Van Rensburg ook ? werksessie vir onderwysers oor dié onderwerp aanbied.

Nog ? hoogtepunt is op die program is die werk van die Kaapstadse beeldhouer Jake Singer, wat vanjaar die RMB TAF- kunstenaar in die kollig is. Maar dan het Singer in samewerking met THK Gallery, die galery in Kaapstad wat hom verteenwoordig, en RMB ook besluit om vanjaar ? nuwe kunsprys, The Emergence Art Prize, te begin. Dié prys is daarop gemik om kunstenaars wat nog nie ? vlak van galeryverteenwoordiging in hul loopbaan bereik het nie ? hupstoot te gee. Die wenner van die eerste Emergence-prys word tydens TAF aangekondig.

Benewens ? uitstalling in THK Gallery sluit die prys ook ? kunstenaarsverblyf van een maand by die Quartier am Hafen-ateljee in Keulen in en kontant van R80 000.

RMB Talent Unlocked, ? mentorskapprojek wat vanjaar vir die sesde keer aangebied word, kry gestalte in ? uitstalling met die werk van Lebohang Mabusela, Zanele Mashini, Katlego Modiri, Manyatsa Monyamane, Octavia Roodt, Vanessa Tembane, Noah Onah en Rick Baloyi. Die kurator is Londi Modiko.

Galerye wat vanjaar aan TAF deelneem sluit onder meer in Goodman, White River Gallery, THK Gallery, Worldart, Kalashnikovv, Lizamore & Associates, David Krut en Gallery 2.

Maak ? draai op TAF se webwerf vir besoeke aan iets soos 50 galerye, rondleidings, toegang tot spesiale projekte, gesprekke en blootstelling aan die voorste kuns – in jou eie sitkamer.

TAF Open Access

TAF Open Access is a library of content form Turbine Art Fair’s. ongoing programme. Watch past talks, artist & curator interviews and professional practice insights and training.

X
X