StArt Art Gallery Walkabout

StArt Art Gallery Walkabout

Vind krag in kuns
21 August 2020 | Byvoegsels

Die RMB Turbine Art Fair (RMB TAF) is ’n unieke Suid-Afrikaanse kunsuitstalling wat kunsfoendi’s regoor dié buurland bymekaar bring om kuns te vertoon, verkoop en te vier. Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie gaan die 8ste weergawe van dié geleentheid vanjaar vir die eerste keer digitaal aangebied word.

Die RMB TAF het die episentrum van opkomende kuns in Suid-Afrika geword. Dit bied ‘n ruimte vir die blootstelling van gevestigde en nuwe talent in ‘n omgewing wat interaktief, toeganklik en inklusief is.

Die plaaslike StArt-kunsgalery se visie was nog altyd om die kollig op die bydraes van konseptueel-dinamiese en tegnies-uitsonderlike moderne Namibiese kuns vir die plaaslike, sowel as Afrika- en internasionale kunste te plaas.

Deur aan dié kunsuitstalling deel te neem, kry hulle die geleentheid om drie Namibiese kunstenaars se werk op ’n internasionale platform te vertoon wat toegewy is aan kontemporêre kunste.

Die titel van die StArt-galery se virtuele uitstalling is Finding Power, en dit sluit werke van die beeldhouer en drukker Elisia Nghidishange, die skilder Nicky Marais en die gemengde mediakunstenaar Fillipus Sheehama in.

In 1990 het Namibië sy eerste demokratiese grondwet aangeneem, net ‘n maand voor die amptelike onafhanklikheid van die apartheidsregime in Suid-Afrika. Met die aanbreek van ‘n demokratiese era moes nuwe maniere aangeleer word om as ‘n nuwe samelewing te funksioneer. Daar moes gewerk word aan ‘n meer regverdige en gelyke stelsel, terwyl daar gepoog is om die traumas van die verlede te verwerk. Dertig jaar later kyk dié kunstenaars hoe die mag herverdeel is, indien wel.

Nghidishange, Sheehama en Marais is drie Namibiese kunstenaars wie se werk hierdie soektog bevraagteken en lig werp op die magstrukture. Hierdie kunstenaars daag nie net bestaande magstrukture uit nie, maar neem ook in die proses hul eie individuele mag in hul hande. Hulle neem ruimte op waar daar nie ruimte vir hulle gemaak is nie. Dit is ‘n politieke en persoonlike stryd, ‘n fokus op materiële en emosionele verhoudings. Hulle vind op verskillende maniere hul eie mag.

Die uitstalling begin op 27 Augustus met ‘n eksklusiewe voorskou en word op 28 Augustus vir die publiek oopgestel. Dit duur tot 23 September.

Besoek die StArt-kunsgalery by www.startartgallery.com en die Finding Power-uitstalling by RMB TAF 2020 by turbineartfair.co.za. Die RMB TAF-uitstalling is oop vir alle besoekers. Die virtuele kunsuitstalling bied ‘n opwindende program van praatjies en ander geleenthede aan!

TAF Open Access

TAF Open Access is a library of content form Turbine Art Fair’s. ongoing programme. Watch past talks, artist & curator interviews and professional practice insights and training.

X
X